
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 08:00 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

SOKKER OP NUWELAND

(Voorstel)

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis-

(1) kennis neem dat DA-raadslid, mnr Ivan Iversen, 'n veldtog deur sekere inwoners van Nuweland lei om te verhoed dat sokker in Nuweland gespeel word;

(2) glo dat sokker in die Provinsie nooit die erkenning van die NNP-, koalisie- en DA-regerings onderskeidelik ontvang het wat dit verdien het nie; en

(3) verder glo dat rassistiese vooroordeel die grondslag vorm van die veldtog wat deur die DA-raadslid gelei word;

derhalwe 'n beroep op die Premier doen om Raadslid Iversen tereg te wys, 'n verklaring oor die aangeleentheid te doen en te verseker dat sokker op Nuweland gespeel kan word.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

VERWOESTENDE BERGBRAND IN GORDONSBAAI

(Voorstel)

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis-

(1) met skok kennis neem van die geweldige skade wat die verwoestende bergbrand in Gordonsbaai en omgewing veroorsaak het;

(2) sy simpatie uitspreek teenoor almal wat skade gely het; en

(3) sy dank uitspreek teenoor die personeel van die nooddienste en die brandweer vir hul hulp in di verband.

Goedgekeur.

GELD SPANDEER DEUR PROVINSIALE REGERING

(Voorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis-

(1) kennis neem van die Premier se onderneming verlede jaar om die Huis te voorsien van besonderhede oor die bedrag wat deur die Provinsiale Regering bestee is om advertensies in die publikasie Professional Management Review te plaas;

(2) verder kennis neem dat, ten spyte van sy onderneming, die Premier nie die inligting voorsien het nie; en

(3) glo dat dit in die belang van die provinsiale belastingbetalers en die publiek is om te weet hoeveel bestee is, veral wanneer toekennings aan die Premier deur die betrokke publikasie gemaak is;

derhalwe 'n beroep op die Premier doen om sy onderneming teenoor die Huis gestand te doen.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

TENDERPROSES VIR CHRYSALIS-PROJEK

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy kennis neem van die Premier se onderneming verlede jaar om inligting te verskaf rakende die omstandighede waaronder die tenderproses vir die Chrysalis-projek bestuur is, 'n beroep op die Premier doen om inligting oor die volgende sake te verskaf:

(1) die betrokkenheid van die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid in die toekenning van die tender;

(2) wanneer die tender toegeken is;

(3) of die voormalige Minister tans in diens is van die maatskappy wat Chrysalis bedryf; so ja, hoeveel hy betaal word; en

(4) of die voormalige Minister 'n aandeelhouer in die maatskappy is.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.
ONTWRIGTING VAN SKOLE

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met besorgdheid daarvan kennis neem dat leerders weer eens op 8 Februarie 2001 vanwe bendebedrywighede huis toe gestuur is en dat nog 'n skooldag as gevolg daarvan ontwrig is, en 'n beroep op die Minister van Gemeenskapsveiligheid doen om onverwyld en as 'n saak van dringendheid, aan di probleem aandag te gee en, so spoedig moontlik, daaroor verslag te doen.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

KORRUPSIE IN SUID-SKIEREILANDSE MUNISIPALITEIT

(Voorstel)

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis, terwyl hy kennis neem-

(1) dat die komitee wat deur die Premier aangestel is om hom te adviseer rakende bewerings van korrupsie in die Suid-Skiereiland Munisipaliteit nog nie sedert die bedanking van die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, vergader het nie; en

(2) van die besorgdheid van die inwoners van die Suid-Skiereiland Munisipaliteit dat die Provinsiale Regering nie besorgd is oor di aangeleentheid nie;

derhalwe 'n beroep op die Premier doen om te verseker dat die komitee as 'n saak van dringendheid vergader.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

GOEDKOPER MEDISYNE VIR MIV/VIGS

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat, in die lig van die onlangse statistiek oor die groeiende weerstand teen medisyne vir MIV/Vigs, die Huis met besorgdheid kennis neem van die polemiek rondom die beskikbaarheid van goedkoper medisyne vir MIV/Vigs, en 'n beroep op die rolspelers doen om die belange van die pasinte en die Suid-Afrikaanse gemeenskap eerste te stel.

Goedgekeur.

FINANSILE STEUN AAN WERKLOSES

(Voorstel)

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die Provinsiale Regering en in besonder die Departement van Landbou bedank vir hul finansile ondersteuning aan werkloses tydens die vloed van 2000 te Calitzdorp en Leeu-Gamka.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

OPENINGSREDE VAN PREMIER

(Debat hervat)

Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek wil graag my dank uitspreek teenoor alle agb lede in die Huis vir hul mooi woorde van gelukwensing. Min van hulle het seker al die ouderdom van 60 jaar bereik. Dit is 'n ouderdom wat met aftrede geassosieer word, maar dit is iets waaraan ek nog nie eers gedink het nie. Hoe beter ons vaar, hoe jonger voel ek, en ek voel sommer bloedjonk - 'n bietjie grieperig, maar bloedjonk. Mnr die Speaker, ek vra om verskoning vir my afwesigheid gister in die Huis.

Ek wil graag agb lede aan hierdie kant van die Huis bedank vir hul insette en hul ondersteuning van en begrip vir wat ek in my Openingsrede uiteengesit het. Ek weet dat ek hul volle ondersteuning sal kry, want as ons nog groter suksesse met dienslewering wil bereik, verg dit 'n nog groter spanpoging.

Ek rig ook 'n spesiale woord van gelukwensing aan die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding. Sy eerste optrede hou groot belofte vir die toekoms in.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek stem met hom saam dat ons almal moet saamwerk om 'n selfonderhoudende samelewing te skep. Dit is die ou storie van die visstok en die vis.

Dit was ook weer lekker om 'n bydrae van die agb lid mnr Redcliffe te hoor. Ek deel sy erns met verskerpte ekonomiese ontwikkeling en werkverskaffing.

Mnr die Speaker, dit was duidelik uit die bydraes dat hierdie kant van die Huis my Openingsrede beter verstaan het as sommige agb lede aan daardie kant van die Huis. Ek het begrip daarvoor.
*Die verkiesingsuitslag het die DA-regering 'n versterkte mandaat besorg. Die uitdaging is om die skaal van lewering aan al die mense van die provinsie te verhoog. Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake het ook hierna verwys. Ja, ons sal voortgaan met die werk van dienslewering.

Die agb Minister van Behuising het 'n uitstekende voorbeeld van dienslewering gestel. Gee ons die R1,4 miljard aan onbestede nasionale Behuisingsfondse en hy sal die werk doen, en wonders verrig.

Die agb lid mnr N M Isaacs het na ons beleidsdoelwitte verwys, die maatstaf waaraan ons onsself meet. Hy s dat ons niks het om oor skaam te wees wanneer dit kom by prestasies nie, maar dit is om 'n bietjie te nederig te wees. Ek weet dat ons baie het om op trots te wees.

Ek bedank ook die agb lid mnr Gelderblom wat my woorde onderstreep het, dat daardie verkose verteenwoordigers wat nie die mas opkom van dienslewering nie plek sal moet maak vir di wat kan.

Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid het tereg verwys na die samewerking met die nasionale Regering en die noodsaaklikheid van goeie verhoudinge. Dit is jammer dat dit nie altyd op alle terreine tweerigtingverkeer is nie. Die voorbeelde is legio, en ek sal in die debat oor my Begrotingspos meer hieroor s.

Misdaad en ook dwelms is ons almal se kommer en erns. Ek bedank die agb lede mnre Hoza en Winde vir hul bydraes op hierdie terrein. Die agb lid mnr Louis het ook oor samewerking gepraat en die noodsaaklikheid om entrepreneurskap aan te moedig. Ek stem met hom heelhartig saam.

*Die agb lid mnr Silke het die spyker op die kop geslaan toe hy oor selektiewe besorgdheid gepraat het - dat die ANC meer oor sy eie party se oorlewing besorg is as oor demokrasie. Ek s, en ek sal voortgaan om te s, dat ek die Premier van al die mense van ons provinsie is.

Baie agb lede het verwys na my siening oor plattelandse ontwikkeling. Die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke het daaroor uitgebrei. Die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning het onderneem om vir paaie te sorg. Ek het die volste vertroue dat my siening bewaarheid sal word. Ek bedank die agb lede mnr A J Williams en me Rossouw vir hul bydraes in di verband.

Die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning het ook na sportgeriewe in landelike gebiede verwys. Ek dink dat dit 'n belangrike bydrae tot nasiebou lewer. Ek bedank die agb lid mnr N M Isaacs vir sy bydrae in di verband.

Agb lede aan daardie kant van die Huis het heelwat gewag gemaak van die Wes-Kaap wat kwansuis homself as 'n eiland beskou, los van die res van Suid-Afrika. Dit is onsin, en ek is op rekord dat ek myself en die provinsie as 'n integrale deel van die geheel beskou. Ek bedank die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning dat hy hierdie skewe beeld weerl het. Ek bedank hom ook vir die bemoedigende verslag oor die samewerkingsfondament wat gel is tydens die afbakening en registrasie van kiesersprosesse. Ek s altyd, bevorder die positiewe en doen weg met die negatiewe. Ek hoop die agb lid me Brown het goed geluister.
*Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme het nogal uitstekende advies aan daardie kant van die Huis en ook aan hul nasionale leier gegee. Hy het hulle geadviseer om die media te respekteer. Ek voel dat hy te goed was vir hulle. Waarom hulle teen hulself beskerm?

Ek bedank ook graag die agb Minister van Gesondheid vir sy toeligting tot my MIV/Vigs-tema. Die agb lid me Van Zyl het haar gewaardeerde bydrae agter die wapenskandaal gaan soek. Ek stem saam dat MIV/Vigs beslis 'n baie groter bedreiging vir Suid-Afrika is as enige potensile aggressor.

Vervolgens wil ek die agb lid mnr Lewis bedank vir sy ondersteuning van my siening met betrekking tot samewerking met plaaslike regering, maar ook veral vir sy ondersteuning van die amp van Premier. Dit is 'n demokratiese begrip wat vir sommiges nog duister is.

Die agb lid mnr Byneveldt het snedige en onbesonne uitlatings gemaak oor my integriteit as Premier. Dit is duidelik dat hy as dominee nog nooit die lig gesien het nie. Hy weet nie eers waar die skakelaar is nie! [Tussenwerpsels.] Hy weet nie eens waar die ligskakelaar is nie.

*Ek het in my Rede ges dat ek trots is op my span en ons lewering aan al die mense. Ek het 'n beroep om samewerking gedoen. Dit is omdat ek glo dat hoe meer mense op die leweringstrein klim, hoe beter ons prestasie sal wees. Dit is waarom ek 'n beroep op die opposisie gedoen het om die leweringstrein te steun.

Laat ek my aandag wend tot bydraes van daardie kant van die Huis. Ek sal nou-nou die bydrae van die agb Leier van die Opposisie behandel. Sommige van die ander bydraes - deur mense soos die agb lede me Phenduka, mnre Jacobs en R Williams en me Phike - bly die beste vergete. Hulle was klaarblyklik heeltemal onvoorbereid vir die debat. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Dugmore se bewering dat hierdie Regering sy beloftes verbreek het en nagelaat het om te lewer, was veral belaglik. President Mbeki kan praat van mense wat op verskillende planete is. Dit kan 'n bietjie erg wees, maar die agb lid mnr Dugmore is klaarblyklik in 'n ander provinsie. Miskien dink hy hy is in die Oos-Kaap.

Die ANC het sedert 1994 vier leiers gehad, maar wat verbasend is, is dat die twee beeldpoetsers, die agb lede mnr Dugmore en me Essop, wat die agb Leier van die Opposisie in die meeste moeilikheid oor die afgelope tyd gekry het, steeds hier is. Die agb Leier van die Opposisie moet sy rug dophou. Hy moet ook die dominee dophou, want ek hoor hy het sy oog op die pos van Leier van die ANC. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil 'n aanbod aan die agb lid mnr McKenzie maak. Die agb Minister van Onderwys kan 'n aantal volwasse opvoedingsklasse aanbeveel waar hy kan leer om te tel. Sy analise gister van die verkiesingsuitslae bewys bo alle twyfel dat hy sulke klasse nodig het. Ek weet dat hy met boekhou gesukkel het, maar nou lyk dit of hy ook sukkel om te tel. Agb lede moet die mense van Bonteheuwel vra. Hulle sal hulle vertel.

Ek wil verwys na die opmerkings wat deur die agb lid mnr Ramatlakane gemaak is. Die agb lid het 'n groot flater begaan toe hy gepoog het om vir my oor samewerkende regering te preek. [Tussenwerpsels.] Maar ek gaan my nie verwerdig om met hom 'n debat hieroor te voer nie.

Die agb lid het toe voortgegaan deur te s dat die Leier van die DA, mnr Tony Leon, oorsee gegaan het om verwarring oor die nasionale Regering se standpunt oor MIV/Vigs te saai. Dit is wat hy ges het. Ek is verbaas dat die agb lid verkies het om die benadering van die DA tot die Vigs-krisis te kontrasteer met die benadering wat deur die nasionale Regering en die ANC gevolg word. Hy sou baie beter gedoen het indien hy eenvoudig stilgebly het oor die onderwerp. Dit herinner my aan die gesegde dat 'n mens eerder moet stilbly en skynbaar 'n gek te wees, as om jou mond oop te maak en alle twyfel uit die weg te ruim. Ek dink daardie gesegde is hier van toepassing. Indien die agb lid enigiets oor verwarring verstaan, sal hy verstaan hoe rampspoedig en verwarrend die houding van President Mbeki oor Zimbabwe, MIV/Vigs, die R43 miljard wapentransaksie, Regter Heath en mnr Feinstein was. Ek s, laat die mense van Suid-Afrika en die Wes-Kaap, sowel as ons internasionale vennote en beleggers, vir hulself oordeel. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die PREMIER: Mnr die Speaker, laat ek my nou wend tot sommige van die opmerkings wat deur die agb Leier van die Opposisie gemaak is. Ek is bevrees ek sal die agb Leier van die Opposisie moet teleurstel; aftrede, f vrywillig f gedwonge, is eenvoudig nie in die kaarte nie. Dit spyt my om hom in te lig dat telkens wanneer die DA 'n verkiesing wen, dit my jonger en meer energiek as vantevore laat voel. Trouens, mnr die Speaker, ek was verheug om te hoor dat die agb Leier van die Opposisie my weg wil h. Dit beteken dat ek in die aand kan gaan slaap met die geruste wete dat ek iets reg doen. Ek weet nie of hy kan nie.

Daar is een aspek van die toespraak van die agb Leier van die Opposisie waarvoor hy gunstige vermelding verdien. In 'n mate het hy getoon dat hy bereid is om die rassekaart weg te sit en ernstig te handel met die werklike vraagstukke waarvoor die mense van ons provinsie te staan kom. Ongelukkig kon te veel van sy kollegas hulself nie sover bring om dieselfde te doen nie.

Daar sal natuurlik in elke provinsie, in elke deel van Suid-Afrika, voorbeelde van rassisme - alle soorte rassisme - wees. Kom ek noem 'n voorbeeld. Mnr Dumisane Makhaye van KwaZulu-Natal, 'n kollega van agb lede aan daardie kant van die Huis, is 'n tipiese voorbeeld. Hy het sy geloof dat witmense stink onlangs baie duidelik openbaar gemaak. Hy is 'n veragtelike man deur dit te s, en die ANC het niks gedoen om hom te berispe nie. Om die agb lid mnr Strachan aan te haal, "If that is not racism, then please tell me what is."

Rassisme van enige aard is verkeerd, en ek kan met gesag oor hierdie aangeleentheid praat.

*Mnr C M DUGMORE: S iets oor Nuweland.

*Die PREMIER: Ek het in Suid-Afrika se verlede grootgeword. Ek weet nie waar die agb lid grootgeword het nie, maar ek het. Ek glo dat die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners van alle rasse, en die meerderheid mense van die Wes-Kaap, saam wil werk om ons provinsie uit te bou. Hierdie Regering staan skouer aan skouer met daardie mense.

Mnr die Speaker, die agb Leier van die Opposisie, en byna elke ander agb lid aan daardie kant van die Huis, het ges dat ek geen melding gemaak het van die gaping tussen ryk en arm in ons provinsie nie. Deur dit te s, probeer hulle beweer dat hierdie Regering nie vir die armes omgee nie. Dit is niks nuuts dat die ANC poog om hierdie Regering te etiketteer as sou hy onsensitief teenoor die armes wees nie. Daar is ook niks geloofwaardigs omtrent daardie bepaalde vorm van aanval nie, soos die kieserskorps in die Wes-Kaap so desperaat poog om aan die ANC te verduidelik - en dit in die afgelope verkiesing gedoen het.

Die agb Leier van die Opposisie is reg oor een ding. In my Openingsrede het ek nie die mense van ons provinsie in kategorie, klasse, rasse of groepe verdeel nie. Ek het dit vir 'n doel gedoen. Die doel was om te toon dat hierdie Regering waarlik 'n regering vir al die mense van die Wes-Kaap is. Natuurlik het die mense van ons provinsie nie almal dieselfde behoeftes nie. Sommige mense het byna geen behoefte aan 'n regering nie - oor die algemeen kan hulle vir hulself sorg - maar vir baie, baie ander kan die kloof tussen hulle hoop vir die toekoms en hulle huidige omstandighede net deur die Regering self oorbrug word.

Mnr die Speaker, ek praat oor babas wat nog gebore moet word, wat die risiko loop om MIV van hul moeders op te doen. Ek praat van die kinders van die townships, die Kaapse Vlakte en die plase wat voor 'n wreld- ekonomiese orde te staan kom wat hulle nie kan begin verstaan nie, maar wat van hulle verwag om kenniswerkers in 'n kennisekonomie te word. Ek praat van die werklose enkelmoeders wat eers na hul kinders moet omsien voordat hulle aan hulself kan dink. Ek praat van die jong seuns wat grootword omring deur bendelede wat poog om hulle in hulle lewe van diefstal en dwelmmisbruik in te lok. Ek praat van die mans en vroue wat na die Wes-Kaap kom in die hoop om werk te vind, maar hulself in plaas daarvan in pondokke langs die N2 bevind. Hierdie Regering lewer aan daardie mense en ons lewer soos geen ander regering in Suid-Afrika lewer nie. Laat ek dit herhaal, ons lewer soos geen ander regering in Suid-Afrika lewer nie.

Mnr die Speaker, die filosofie wat ons lei is eenvoudig - waar daar geen geleentheid bestaan nie, tree ons in om 'n helpende hand na ons mense uit te reik. Ons werk elke dag daaraan om die gaping tussen hul huidige omstandighede en hul toekomsdrome te oorbrug. Dit is waarom-

* die Wes-Kaapse Regering geveg het vir die lewe van daardie babas wat die risiko van MIV-infeksie geloop het toe die nasionale leier van die party in opposisie hier die blote bestaan van die virus bevraagteken het;

* die Wes-Kaapse Regering beter slaagsyfers lewer en skole beter bestuur as enige ander provinsie in Suid-Afrika;

* die Wes-Kaapse Regering die lewering van inkomstetoelaes en pensioene doeltreffend en betyds verseker, wetende - soos ons nuwe kollega die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding ons daaraan herinner het - dat 'n vertraging van een dag 'n saak van lewe en dood vir 'n pensioentrekker kan wees;

* die Wes-Kaapse Regering 'n sorgvuldig beplande, direkte aanslag op bendebedrywighede en die oorsake van bendebedrywighede sal uitvoer in die gebiede wat die ergste deur bendes geteister word; en

* die Wes-Kaapse Regering meer huise lewer as waarvoor die nasionale Regering bereid is om te betaal, en sit en wag op fondse wat onbenut in die rekening van die nasionale Regering l.

Mnr die Speaker, wanneer ek dus die agb Leier van die Opposisie hoor beweer dat hierdie Regering nie vir die armes omgee nie, kan ek net aanvaar dat hy 'n propagandis is en nie die ernstige politikus is wat hy gevra het ons almal moet wees nie.

Ek kan net my kop skud en wonder wat hy moet dink van die nasionale Regering en die regerings van die ander provinsies in ons land. Ek wonder of die agb Leier van die Opposisie die moed het om te erken dat die Wes-Kaapse Regering aan die armes lewer soos geen ander regering in Suid-Afrika nie. [Tussenwerpsels.] Ek wonder of hy die moed het om sy besorgdheid oor die armes na die nasionale leierskap van sy party te neem.

Mnr die Speaker, die mislukking van die ANC oral in regering hang soos 'n meulsteen om die nek van die agb Leier van die Opposisie in die Wes-Kaap, omdat dit 'n eenvoudige taak vir die mense van ons provinsie is om die gehalte van regering in die Wes-Kaap te vergelyk en te kontrasteer met die rampspoedige regerings in ANC-beheerde provinsies. Daarbenewens word die mense in daardie provinsies met verloop van tyd ook bewus van die verskille.

Wanneer alles ges en gedoen is, en die agb Leier van die Opposisie, tesame met die agb lede mnre Dugmore en McKenzie, klaar probeer het om die verkiesingsuitslae te herskryf - ondanks al die planne wat hy mag beraam het by sy onlangse lekgotla om die Wes-Kaap te probeer wen, ... [Tussenwerpsels.] ... sal hy vind ...

*Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Alle ander agb lede het hul geleentheid gehad om 'n geveg uit te lok. Orde!

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, hy sal vind dat sy party hard voor hierdie eenvoudige werklikheid te staan sal kom: soos die horlosie nasionaal vir die ANC tik, so drup die ANC se vooruitsigte in die Wes-Kaap weg.

Mnr die Speaker, voordat ek afsluit, moet ek miskien iets aan agb lede aan daardie kant van die Huis verduidelik wat ek nie hoef te verduidelik vir mense wat met my saamwerk nie. Hulle moet weet dat, terwyl ek nie my hande swaai en my stem verhef nie, nie in die Huis nie en nie elders nie, ek vurig is oor lewering aan die mense van die Wes-Kaap. Hulle moet weet dat ek vasberade is om die werk van hierdie Regering gefokus te hou, met die intensiteit van 'n laserstraal, op die taak van lewering aan al ons mense. Hulle moet weet dat hierdie Regering deur 'n saak genspireer is, en daardie saak is om die behoeftes en aspirasies van al die mense van ons provinsie te bevredig, sodat die toekoms werklik beter sal wees as die verlede vir al die mense van die Wes-Kaap. [Toejuiging.]

Debat afgesluit.

Die SPEAKER: Orde! Dit beindig die debat oor die Openingsrede van die Premier en ook die verrigtinge van die dag. Die Huis sal nou verdaag tot Maandag, 5 Maart 2001. Ek wil graag die paar agb lede wat in die provinsie agterbly, sterkte toewens - hulle moet lekker werk - en vir die ander agb lede 'n goeie reis toewens.

Die Huis verdaag om 08:32 tot Maandag, 5 Maart 2001.


2156	VRYDAG, 9 FEBRUARIE 2001



	VRYDAG, 9 FEBRUARIE 2001	2155



	VRYDAG, 9 FEBRUARIE 2001	2147


